Marico Engelbrecht Familiebond

'n Familiebond van Engelbrecht's met ons wortels uit die Marico uit

Wie is ons en waar kom ons vandaan?




Die Marico Engelbrecht Familiebond is gestig op Saterdag, 11 Julie 2020 tydens 'n WhatsApp Stigtingsvergadering met met 'n bywonerstal van 20 lede.

Ons doel is om samehorigheid, sosiale kontak en familietrots onder die Engelbrecht familie te bevorder. Ons lede is veral nasate van Coert Nicolaas Engelbrecht (gebore 28 April 1938) en Dinah Louisa Dorothea Vermeulen (gebore 4 Januarie 1941), waaronder ook aangetroudes ingesluit is. Nasate van Hermanus Stefanus Engelbrecht (gebore 11 Maart 1910) en Maria Elizabeth Carolina Smith (gebore 13 September 1916) is ook welkom om aansoek te doen tot lidmaatskap.

Ons beskou onsself as 'n Marico Engelbrecht familie aangesien ons familie sy uit die Marico wêreld het, waar ons Trekkervoorouers (Hermanus Stephanus Engelbrecht en Hester Catharina Regina Mensina) hulle tussen 1848 en 1850 gevestig het, en waar ons familie sy wortels gekry het.

Plekke uit ons geskiedenis

Engelbrecht tydslyn

Interessanthede

Muur van herinnering

Voor- en Nageslagte